Posted by: schabbers | September 28, 2013

Om te lees

Ek lees verlede week in Beeld net 14% van mense in Suid-Afrika lees boeke.

Biblioteke is vir die meeste hedendaagse kinders net ‘n gebou.

En met heimwee dink ek terug aan my eie grootworddae.  Televisie en Google was nog nie die middelpunt van mense se bestaan nie.

Ek onthou hoe ek nie kon wag dat my pa van die dorp af kom met die Daan Retief-boekklubpakkie wat by die poskatoor gelê en wag het nie.  Ek kan nie onthou of dit maandeliks of kwartaalliks was nie, maar daardie pakkie boeke was soos ‘n poort na ‘n fassinerende wêreld van fantasie, nuwe idees, geluk.

En dit was woorde wat die pretjies op die gladde, blink bladsye laat lewe het.

Wie Daan Retief was, weet ek tot vandag toe nie, maar ek vrek nog steeds oor ‘n pakkie in die pos.

Later jare was daar die kennismaking  met die dorpsbiblioteek toe ons in die koshuis was.

Woensdagmiddae was dorp-toe-gaan-middag:   met die R2-noot veilig klein opgevou in die leerbeursie om die nek.  Reguit Hoekkafee toe vir Wilsons-toffies en niekerbôls, nadat ons eers ‘n Coke-float by die tafeltjies gedrink het.

Dan biblioteek toe.  Om nuwe boeke uit te neem.  Week na week – elke Woensdagmiddag.

Kobie-boeke.  Soekie-boeke.  Trompie.  Die Jasper-reeks.  Die Uile.

Om nie te praat van later jare se Sarah du Pisanie en Ena Murray nie.

In 150 bladsye het skrywers soos dié ons boek ná boek vertel van die liefde en dat stories gelukkige eindes kan hê.

En dan het hierdie plaaskind gedroom van ridders op wit perde……

(Verwerk uit die rubriek VERBYVLUG deur Retha Fick soos verskyn in Oosrand-Beeld)

book_stack

Posted by: schabbers | Augustus 14, 2013

Tussen laaie van onthou

In die eenvoud van stilte

in die holte van my hart

bêre  ek jou sêgoed

tussen laaie van onthougoed

koester ek jou lag

tussen laaie van onthougoed

kry ek jou vandag

vintage loveletters8

Posted by: schabbers | Augustus 1, 2013

John Lennon het gesê

photo-12

Posted by: schabbers | Augustus 1, 2013

‘n Sonneblomstorie

Anderhalf jaar gelede kom ek in die kruietuin op ‘n vreemde saailing af.  Eintlik is die twee ronde blaartjies weerskante van ‘n ragfyn steeltjie nog net ‘n beduidenis van ‘n plantjie.  Ek kyk vir die fyne dingetjie en hy kyk vir my asof die warm oostewind, die buurkat en Manlief se breë stewelspore glad nie iets is waarmee ‘n saailing rekening hoef te hou nie.

“Wie is jy?” wil ek behoedsaam weet.  “Jy lyk nie soos die appelliefie of die wynruit of verlede jaar se viooltjies nie.”  Die kleintjie swyg, maar vou tog sy twee blaartjies vol vertroue verder oop.  Die stammetjie rek ook en kry mettertyd lyf.

“Jy gaan hom nog uit die grond kyk,” terg Manlief, wat saam deur die inventaris van die afgelope paar seisoene begin kuier.  “Dis nie ‘n pronkertjie nie, ook nie ‘n roosmalva of ‘n tamatie nie,” stel hy tong-in-die-kies sy nuwe tuinkennis ten toon.  “Kan dit een van die Weskussaadjies wees wat jy jare lank in flessies in die buitekamer gebêre en uiteindelik hier kom strooi het?”

Ons hou uiteindelik op met bespiegel.  Skielik spring die plantjie met mening weg, asof die nuutgevonde rus en vrede al is waarop hy nog sy hele kort lewetjie gewag het.

Tot een oggend toe ek oudergewoonte die broodplank teen sy voete afskud en die harige blare, wat toe al kniehoogte staan, as dié van ‘n Sonneblom herken.  ‘n Sonneblom wie se saadjie na ‘n bak-en-brou-sessie van die einste broodplank afkomstig moes gewees het.

Opgewonde bel ek Manlief werk toe om hom van die goeie geluk te vertel.

Laatmiddag vier ons die uiteindelike kennismaking met koffie en koekies op die voordeurtrappies.

Oor die volgende paar weke wonder ek gereeld wie dan nou eintlik floreer:  die Sonneblom wat met sy flambojante kraag die laventelbye begin afrokkel of ons wat elke dag met verwondering ‘n pelgrimstog in die kleine oor die lappie heilige grond reg langs ons voordeur aflê.

Toe die Sonneblom sy ken laat sak, los ek hom aan sy stingel tot ek hom uiteindelik met die hand kan afdraai.  Hy word met die nodige ontsag in ‘n sonkolletjie op ‘n spesiale Sederbergrots gebêre.  ‘n Paar maande later vryf ek die swart pitte los en strooi hulle deur die tuin.

Kort daarna klop my buurvrou aan die voordeur met ‘n koevert vol Sonneblomsaad.  Sy het dit na haar ma se dood tussen ‘n klomp ou boeke gekry en gebêre.

Die tyd is nou reg.

Sal ek dit asseblief in ons tuin saai?

‘n Week of wat later kom ek op ‘n sakkie handgeoeste Sonneblomsaad af wat ek nog by een van my leerders se ouers gekry het. In my gedagtes stap die swaarkry-ma en haar twee skraal seunskinders saam om die miniatuur Sonneblomme te saai.

En die eerste keer begryp ek dat ‘n Sonneblom se heldergeel liedjie lank ná dood steeds deur die groot heelal weerklink.

‘n Sonneblom-simfonie.

 

GESKRYF DEUR:  WENDY MAARTENS

photo-11

 

 

 

Posted by: schabbers | Junie 26, 2013

The walls of the world

The sun is only shining like it always does
But I never noticed it in the sky before
And you don’t need to worry
‘Cause I need your love, my friend
There’s a strong kind of feeling when I know you’re near
Nobody alive can take it away from me
And I feel like I’ve known you for a thousand years
Bring it out into the light’Cause I think I’m gonna write it on the walls of the world
So everyone will know today the love I hold for you
I will write it on the walls of the world
So that the sun won’t fade away the words I say to you
I love youAnd I know I’m not a loser when I’m on my own
I could be miles away in another land
And it keeps me together when I’m far from home
I won’t keep it out of sight

And I think I’m gonna write it on the walls of the world
So everyone will know today the love I hold for you
I will write it on the walls of the world
So that the sun won’t fade away the words I say to you
I love you

Ek is mal oor Katie Melua en ek dink hierdie liedjie is een van haar mooistes.

Posted by: schabbers | Mei 24, 2013

Die Wonder van Pippie Kruger

 

PIPPIE – jy laat my weer kyk na hoe my hart lyk

Pippie-K

Hi my liewe Pippie
ek het vanaand vir jou gesing
en jy het liefde uit jou hartjie
deur jou oë na my gebring
en êrens uit die hemel
het daar ‘n ster vir jou geskiet
dit was ‘n hemelkoor daar om jou
hulle sing vir jou ‘n lied

Pippie Langkous
Jy maak jou oë toe
Jy maak my weer kyk
na hoe my hart lyk
Pippie Langkous
Jy maak my stem sag
jy laat my weer kyk
na hoe my hart lyk

Hi my liewe Pippie
ek het vanaand vir jou gesing
en jy het die wêreld uit ‘n ander oog
deur jou hart na my gebring
en jy my liewe  Pippie
jy het die mooiste mooiste oë
en daar’s ‘n engel in jou hartjie
en jou liefde laat my glo

Pippie Langkous
Jy maak jou oë toe
Jy maak my weer kyk
na hoe my hart lyk
Pippie Langkous
Jy maak my stem sag
jy laat my weer kyk
na hoe my hart lyk

Hi my liewe Pippie
daar is geheime in jou oë
van hoe die lewe is
en hoe dit lyk daarbo
en êrens op my lewenspad
is jy na my  gestuur
sodat ek weer kan buig in dankbaarheid
en die lewe om my vier

Pippie Langkous

Jy maak jou oë toe
Jy maak my weer kyk
na hoe my hart lyk
Pippie Langkous
Jy maak my stem sag
jy laat my weer kyk
na hoe my hart lyk

Pippie Langkous
Jy maak my stem sag
jy laat my weer kyk
na hoe my hart lyk

Musiek en liriek geskyf deur JAK DE PRIESTER

Posted by: schabbers | Mei 24, 2013

If I die young

If I die young, bury me in satin
Lay me down on a bed of roses
Sink me in the river , at dawn
Send me away with the words of a love song

Lord make me a rainbow, I’ll shine down on my mother
She’ll know I’m safe with you when she stands under my colors
Oh, and life ain’t always what you think it ought to be, no
Ain’t even gray, but she buries her baby

The sharp knife of a short life
Well, I’ve had just enough time

If I die young, bury me in satin
Lay me down on a bed of roses
Sink me in the river, at dawn
Send me away with the words of a love song

The sharp knife of a short life

Well, I’ve had just enough time

And I’ll be wearing white when I come into your kingdom
I’m as green as the ring on my little cold finger
I’ve never known the loving of a man
But it sure felt nice when he was holding my hand

There’s a boy here in town, says he’ll love me forever
Who would have thought forever could be severed by

The sharp knife of a short life
Well, I’ve had just enough time

So put on your best, boys, and I’ll wear my pearls
all i ever did is done

A penny for my thoughts, oh no, I’ll sell ‘em for a dollar
They’re worth so much more after I’m a goner
And maybe then you’ll hear the words I been singing
Funny, when you’re dead how people start listening

If I die young, bury me in satin
Lay me down on a bed of roses
Sink me in the river at dawn
Send me away with the words of a love song

The ballad of a dove
Go with peace and love
Gather up your tears, keep ‘em in your pocket
Save them for a time when you’re really gonna need them, oh

The sharp knife of a short life
Well, I’ve had just enough time
So put on your best boys
And I’ll wear my pearls

 

Posted by: schabbers | Mei 22, 2013

Jou daaglikse brood

DIE STORIE VAN BROOD

Die broodverhaal het al in 10 000 vC begin.  Vanaf die eerste primitiewe graan en watermengsels tot die onbeperkte soorte brood wat ons vandag kan eet, het brood al ‘n lang pad geloop.

Elke kultuur het sy eie brood en tans is daar duisende verskillende brode wêreldwyd.  Duitsland is egter die voorloper in die maak van brood.  Hulle spog met 500 verskillende tipes brood en oor ‘n 1000 verskillende soorte broodrolletjies wat in 16 000 bakkerye gebak word.

Brood is oral en ook binne-in mense se harte, maak nie saak watter kleur, nasie of kultuur nie.

Brood is soveel meer as net ‘n kossoort:  dit is ‘n leefwyse, dit is ‘n manier om mense te wys jy gee om, dit bewys ‘n ma se liefde en toewyding vir haar gesin – elke liewe toebroodjie wat met liefde gemaak is.   Dit vergesel ons op ons reis as padkos, dit bring mense bymekaar.

Om ‘n brood saam met iemand te breek, is ‘n eer en tyd goed bestee.  Dit bou brûe, dit laat mense die eenvoudige dinge van die lewe geniet en soms, as dit nodig is, ook mekaar se hartseer.

‘n Broodwinner is die persoon wat sorg dat sy/haar gesin so goed as moontlik versorg is.  Hy/sy plaas die brood op die tafel.  Die broodmandjie van ‘n land is die belangrikste landbougedeelte en sorg letterlik dat daar kos vir ‘n nasie is.  As jy iemand se witbroodjie is, het jy ‘n spesiale plekkie in daardie persoon se hart.

As iemand vir jou sê jy is die beste ding na gesnyde brood – weet jy jy is darem belangrik, maar staan definitief nie in die eerste plek nie!

Regoor die grense van lande, deur al die eeue, het brood die metafoor geword vir al die nodigste dinge in die lewe.

Brood vorm die basis van hoe ons eet.  Die armste mense oorleef op brood, die rykste onder ons geniet dit as ‘n lekkerny:  feit bly staan – daar is niks soos die reuk van varsgebakte brood en niks lekkerder as ‘n sny warm brood, gesmeer met ‘n dik laag botter en tuisgekookte konfyt nie!

french-bread-jam

Posted by: schabbers | Mei 22, 2013

Jy is…

You are the book you read

the films you watch

the music you listen to

the people you meet

the dreams you have

the conversations you engage in.

You are what you take from these.

You are the sound of the ocean,

the breath of fresh air,

the brightest light and the darkest corner.

You are a collective of every experience you have had in your life.

You are every single day.

so drown yourself in as sea of knowledge and existence.

Let the words run through your veins and let the colours fill your mind.

Posted by: schabbers | Mei 9, 2013

Luister na die stilte van musiek

181479_188275051327332_1577827813_n

Older Posts »

Kategorieë

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 39 other followers