Posted by: schabbers | Januarie 21, 2012

Gee my ‘n plaas in die Vrystaat

As iemand vir my ‘n plaas sou gee, wil ek asseblief een in die Vrystaat hê

 

 

Posted by: schabbers | Januarie 16, 2012

Ontmoeting

Mens moet

van twee kante

kom

om mekaar

te ontmoet

jy moet eintlik

toevallig

onderweg wees

jy moet

geen doel

voor oë hê

en jy moet

laat gebeur

waarvoor jy bang is

jy moenie

alles

wil verklaar nie

voor jy jou kom kry

het jy

en die ander

oorlog verklaar

mens moet

van twee kante

kom

om mekaar

te ontmoet

jy moet jouself

in die ander

durf sien

sonder om

in die ander

te verdwyn

dit kan opeens

sommer

voor jou staan

en lyk na iets

waarvan jy liefs wil vlug

dit is die aardige

van geluk

jy maak dit waar

of jy maak dit stukkend

dit kan jou bedreig

dit kan jou behoed

maar mens moet

van twee kante kom

om mekaar te ontmoet.

 

 

Stef Bos

 

Posted by: schabbers | Januarie 9, 2012

Om gelukkig te wees…

Gebruik jou oë om jou geliefdes te SIEN vir wie hulle is.

Sien daagliks mooi dinge van hulle raak en vertel ANDER daarvan.

Vertel geliefdes wat hulle vir jou beteken en komplimenteer die mooi wat hulle daagliks doen, veral dít wat niks te doen het met prestasie nie.

Deel jou tyd met mense wat jou aanvaar vir wie jy is.

Span jou ore in om te LUISTER as iemand met jou praat, sonder om in te spring met raad en oplossings.

Gebruik jou verstand om nie volmaakheid van die lewe, van ander mense en veral van jouself te verwag nie.

Leer om jou kinderfantasieë oor wat geluk is te beveg met elke sel volwassenheid wat jy het.  Fantasie en enige iets wat jy glo jou in die toekoms nog gaan gelukkig maak, is reuse struikelblokke vir ‘n gelukkige lewe.

Met jou hele liggaam, verstand en siel, leer om jouself te aanvaar vir wie JY is.

Aanvaar dat pyn en teleurstellings deel is van die lewe en nie ‘n teken is dat JY sleg is nie.

JY  het ‘n unieke doel in die lewe van ander.

 

Posted by: schabbers | Januarie 7, 2012

Verf

Every artist dips his brush in his own soul, and paints his own nature into his pictures.

(Henry Ward Beecher)

 

 

Posted by: schabbers | December 8, 2011

So moet jou lewe wees……

Posted by: schabbers | December 6, 2011

Ek is

ek is my

artritis

brein

poliomiëlitis

pyn

drek

droom

my hart en my  tumor is ek

ek is

fallus

karsinoom

alles

TT CLOETE:  uit sy debuutbundel:  ANGELLIERA (1980)

Een van die heel MOOISTE MENSE  wat ek ken.

Posted by: schabbers | December 1, 2011

Waar is weg?

Sal ek darem bittergraag wil weet!

Waar is dié onbekende adres vir verlore goedere?

Die vermoede bestaan teelepels en sokkies het dieselfde bestemming bloot omdat die goed so sienderoë kan verdwyn:  twee beland in die wasbak of wasmasjien waarvan slegs een weer sal opdoem – een van die lewe se oneindige geheimenisse.

Boeke se weg is soms eweneens onpeilbaar.  Op ‘n dag gaap die boekrak haasbek en krap jy kop oor watter leesgenot tussen neus en ore vermis geraak het.  Wat van hierdie of daardie boek geword het……..vir wie jy dit geleen het, nadat jy jouself voorgeneem het om ‘n lys te maak watter boek jy vir wie geleen het. 

Omdat boeke soos my kinders is, is dit  juis dit wat my laat besluit het om nooit weer ENIGE boek vir ENIGE persoon te “leen” nie!

Die moeilikste weg om te oorkom, is wanneer belangrike dokumente tussen neus en ore verdwyn, die beste weg is ‘n stomp mes en die wegste weg is gewoonlik gebruiksgoed soos skêre, kramdrukkers, gaatjieponsers, haarrekkies, skeermesse en tandevlos!

En soms, wanneer ek my treë moet reg om by die kinders te bly, word ek bewus daarvan hoe onmeetbaar die wêreld van weg is:  nooit sal ‘n mens hulle weer kan sus op jou skoot, ‘n nota skryf namens die tandemuis of hoef te wys hoe slaan ‘n mens bollemakiesie nie.  Selfs al staar ek hoe lank na die foto’s wat my lewe sedert hul geboortes kaart, sal ons nooit weer daardie ma en daardie kinders wees nie.

Soveel ander belewenisse beland ook mettertyd in die naamlose kantoor van verlore goedere:  die presiese reuk van Oupa se growwe baadjie, die geluid van ‘n stram deurskanier van ‘n huis waarin eens gewoon is en die gevoel van die wind in jou hare wanneer jy afdraand fietsry.

Hoeveel keer dink ‘n mens dit of dat of daardie persoon sal nimmer vergeet word, net om jare later radelos ‘n spreekwoordelike plakkaat teen ‘n lamppaal te wil opplak met die woord:  GESOEK.

Dan loop ons na op die spore van verslaande vriendskappe en verhoudings, tas in die duister na woorde wat verlê is en trap die pad snuif tussen Pontius en Pilatus na kwytgeraakte insig.  Dit bly telkens buite bereik, soos ‘n vlietende beweging wat ‘n mens uit die hoek van jou oog sien, maar sodra jy opkyk, is slegs ‘n afwesigheid te sien.

Gelukkig is daar talle dinge wat saliger is in die grensloosheid van die verste weg:  spyt en verwyt, bitterheid en verdriet, nydigheid en arrogansie, verhoudings wat strem en jeans wat gepas het toe jy op jou ongelukkigste was.

Elke mens se weg het sekerlik ‘n persoonlike adres.

En soms moet daar nie te hard gesoek word na waarheen dit verhuis het nie.

 

Weg is dan net weg!

 

Aangepas en oorgeskryf uit:  “As iets verhuis na die verste weg”  deur Annemarie van der Walt in BEELD DEURLOOP

(UIT HAAR RUBRIEKBUNDEL “Talisman teen troosteloosheid”)

 

Posted by: schabbers | November 25, 2011

Waarvoor vertel jy my nou?

Waarvoor vertel jy my nou?

Hoekom het jy my nie vroeër gesê nie?

Nou is ek vasgevang in jou

Noudat my hart aan jou behoort

Noudat my liggaam smag na jou

Nou is ek vasgevang in jou

Noudat jy so deel geword het van my bestaan

Noudat ek nie meer alleen my  pad wil baan

Wat dink jy?

wat voel jy?

wat begeer jy?

Noudat ek van jou hou, nou is ek lief vir jou

Waarvoor vertel jy my nou?

Ek het gedink ek ken jou

Ek het geglo ek verstaan jou

Ek wil jou woordeliks vashou

Ek kan jou nie verklaar

Ek begryp jou eintlik glad nie

Jy bly ʼn geslote boek vir my

Jy wat my elke dag by jou laat staan

Jy wat my laat soek na jou wentelbaan

Wat dink jy?

wat voel jy?

wat begeer jy?

Noudat ek van jou hou, nou is ek lief vir jou

Waarvoor, waarvoor vertel jy my nou?

Deur:  Ronell Erwee

 

 

Posted by: schabbers | November 24, 2011

Snotkop is nie sommer net ‘n snotkop nie!

Dis nooit maklik nie

My woorde lê ver

Maar ek wil dit sê
So ek skryf dit

‘n song vir my dad

Soms is dit moeilik

om die woorde te sê

So ek skryf ‘n song

wat sê hoe baie lief ek hom het

En my ster is nie ver

want my held is my dad

Hou my sterk

En so skryf ek dit in ‘n song vir my Dad

En al lê al lê ‘n donker wolk oor daai berg

weet ek die son skyn altyd helder by Dad

En al breek, al breek ‘n storm los oor die see

weet ek my pa sal altyd daar vir my wees

want my ster is nie ver

En my held is my dad

Hou my sterk

so ek skryf dit in ‘n song vir my dad

Dis nooit maklik nie

My pen los ‘n merk

Maar ek wil dit sê

So skryf ‘n song vir my dad

Daar’s soveel woorde

en my woorde is min

So ek skryf ‘n song

‘n song wat sê hoe trots ek op my pa is

want my ster is nie ver

en my held is my dad
Hou my sterk

So ek skryf dit in ‘n song vir my dad

Posted by: schabbers | November 22, 2011

Net één

Jy kry net één lewe. Net één.
Versorg en koester dit,
vier dit en vind daar vreugde in.
Jy kry één lewe. Net één.
Neem dit van kleintyd af in vol besit.
Kweek jou eie smaak. Besin
betyds. Weet waar om op te hou.
Leef feestelik maar jy kry
net een. Vermy om blasé
te word. Leef spaarsaam. Onthou
daar’s baie soorte vraat- en vetsug
en oorgewig. Kom liefs tenger
onversadig en honger
maar voldaan terug.

TT CLOETE

Uit sy nuutste digbundel: ONVERSADIG

Older Posts »

Kategorië

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.