Posted by: schabbers | Junie 18, 2010

HET JY AL DIé MOOI WOORDE GEHOOR?

Ek vra vir liefde

Die soort soos in die movies

Waar ‘n sterk jong man my in sy arms vou

Ek vra vir geluk

Soos wat jy sien in ‘n kind

Onskuldig en rein

Ek vra vir Ouma

Net so in haar sykouse en mosterttrui

Die reuk van vicks aan haar asem

Maar nou, nou is dit verby.

Ek vra vir vriendskap

Die soort wat jy net van kan droom

Soos jou eerste graad een maatjie

Waar jy dink…

Ek bly verewig ‘n kind.

Ek vra nie veel

Dis eintlik heel eenvoudig

Ek vra dat almal om my gelukkig is

Sonder enige issues, trane en hartseer

En as ek net kan vra:

Dat die almal, my ook insluit.

Ek vra:  geskryf deur Liezel Els


About these ads

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 39 other followers

%d bloggers like this: