Dis nooit maklik nie
My woorde lê ver
Maar ek wil dit sê
So ek skryf dit
‘n song vir my dad
Soms is dit moeilik
om die woorde te sê
So ek skryf ‘n song
wat sê hoe baie lief ek hom het
En my ster is nie ver
want my held is my dad
Hou my sterk
En so skryf ek dit in ‘n song vir my Dad
En al lê al lê ‘n donker wolk oor daai berg
weet ek die son skyn altyd helder by Dad
En al breek, al breek ‘n storm los oor die see
weet ek my pa sal altyd daar vir my wees
want my ster is nie ver
En my held is my dad
Hou my sterk
so ek skryf dit in ‘n song vir my dad
Dis nooit maklik nie
My pen los ‘n merk
Maar ek wil dit sê
So skryf ‘n song vir my dad
Daar’s soveel woorde
en my woorde is min
So ek skryf ‘n song
‘n song wat sê hoe trots ek op my pa is
want my ster is nie ver
en my held is my dad
Hou my sterk
So ek skryf dit in ‘n song vir my dad
mooi woorde.
By: Francois on November 24, 2011
at 4:11 nm
toe ek aan die einde besef sy pa is oorlede in 2011 kry ek sommer hoendervleis en wil sommer tjank, ek besef nou dat ek hom nog nie hoor sing het nie , pragtige stem xx
dankie dat jy dit met ons gedeel het .
By: staaltjies on Januarie 5, 2012
at 2:52 vm