Gebruik jou oë om jou geliefdes te SIEN vir wie hulle is.
Sien daagliks mooi dinge van hulle raak en vertel ANDER daarvan.
Vertel geliefdes wat hulle vir jou beteken en komplimenteer die mooi wat hulle daagliks doen, veral dít wat niks te doen het met prestasie nie.
Deel jou tyd met mense wat jou aanvaar vir wie jy is.
Span jou ore in om te LUISTER as iemand met jou praat, sonder om in te spring met raad en oplossings.
Gebruik jou verstand om nie volmaakheid van die lewe, van ander mense en veral van jouself te verwag nie.
Leer om jou kinderfantasieë oor wat geluk is te beveg met elke sel volwassenheid wat jy het. Fantasie en enige iets wat jy glo jou in die toekoms nog gaan gelukkig maak, is reuse struikelblokke vir ‘n gelukkige lewe.
Met jou hele liggaam, verstand en siel, leer om jouself te aanvaar vir wie JY is.
Aanvaar dat pyn en teleurstellings deel is van die lewe en nie ‘n teken is dat JY sleg is nie.
JY het ‘n unieke doel in die lewe van ander.

Baie mooi en oulike webblad. ek wil deel word van julle.
By: Susan Leeuwner on Januarie 12, 2012
at 6:22 nm