Mens moet
van twee kante
kom
om mekaar
te ontmoet
jy moet eintlik
toevallig
onderweg wees
jy moet
geen doel
voor oë hê
en jy moet
laat gebeur
waarvoor jy bang is
jy moenie
alles
wil verklaar nie
voor jy jou kom kry
het jy
en die ander
oorlog verklaar
mens moet
van twee kante
kom
om mekaar
te ontmoet
jy moet jouself
in die ander
durf sien
sonder om
in die ander
te verdwyn
dit kan opeens
sommer
en lyk na iets
waarvan jy liefs wil vlug
dit is die aardige
van geluk
jy maak dit waar
of jy maak dit stukkend
dit kan jou bedreig
dit kan jou behoed
maar mens moet
van twee kante kom
om mekaar te ontmoet.
Stef Bos
