Posted by: schabbers | Maart 28, 2009

Ek wens

Ek wens ek was die skaduwee

wat aan jou voete rus
daar sou ek droomloos sluimer,
tevrede en gerus.

Ek wens ek was die bruin karos
wat jy oor jou bed kan sprei
en later as dit winter word,
kom lê jy onder my.

Ek wens ek was ‘n tjello
wat teen jou lyf kon sing
in die holtes van jou heupe
sou ek my musiek kon bring.

Ek wens ek was ‘n silwer fluit
wat teen jou lippe lê
die note van jou asem 
sou ek deur my lyf kon hê.

deur: Coenie de Villiers 




Responses

  1. So mooi – wow.

  2. Die liedjie se woorde was nog altyd vir my ook ongelooflik mooi. Nou dat my verhouding moeilik gaan het ek dit opgesoek en op die web afgekom.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: