Posted by: schabbers | April 16, 2009

Steve Hofmeyr se mooi woorde


Liewe Heer:

Dankie dat U my so voorgetrek het.

Ek sou my seëninge kon tel as hulle net stadiger gekom het.

Maar dankie vir die kroon van U liefdadigheid,

my seuns Sebastian (my koning) en Benjamin (my ster).

En as U dit in U hart kan vind om vir my vrou

‘n beter man te stuur (net nie nou nie),

wat vir haar mooi rose pluk,

belowe ek om ekstra tuinwerk te doen daar Bo.

Dankie vir elke mens en dier wat deur my lewe geloop het.

Ek persoonlik dink dis U forte:  vreemde skepsels.

Kan ek vra dat U my strawwe versigtig sal uitdeel.

Straf my sag vir vloek en luiheid,

maar looi my vir elke geleentheid wat ek nie aangegryp het nie

en die kere wat ek U dans in my ore nie gevoel het nie.

U ken my.

Ek vra U min.

En al gee U nie ‘n jota of tittel meer nie,

Die sterfling hier onder wat U peper met dankies,

is ek,

Steve

 

Ek is nou nie juis ‘n Steve-fan nie – MAAR ‘n groot fan van sy woorde!  En het hy ‘n way with words.  Hy sê iets doodgewoond op so’n ongewone wyse dat jy dit net oor en oor moet lees.  Nee…hy mag maar skryf.


Responses

  1. jissie. dis mooi woorde – ek is ook nie ‘n fan nie, maar hy kan ‘n ding darem mooi sê.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: