Posted by: schabbers | Junie 18, 2009

Mooi woorde ….. van Koos Doep

AS JY MY KON VOLG…..

As jy my kon volg op die vleuels van die wind

na wêrelde oorkant die maan,

sou jy my spoor in die melkweg vind,

my tent tussen sterre sien staan …

 

Want ek is nog jonk en die wêreld is oud;

sy skadu val ver deur die ruim.

Neem nou my hand, want die nag word koud

en waarom sal ons versuim?

 

As jy my kon liefhê tot  alles vergaan

en nooit ooit die skeiding sou vrees,

sou ons die lewe kon leer verstaan…

‘n oomblik gelukkig kon wees.

 

Maar ons is nog  jonk en die wêreld is oud;

en voor ons het almal gefaal.

Neem nou my hand, want die nag is koud…

dis dalk die heel laaste maal.


 Koos du Plessis

Skadu’s teen die muur


 



Responses

  1. Gaan kyk bietjie hier. Foto’s van hom toe hy klein wasy🙂

    http://www.koosduplessis.co.za/fotos.htm

  2. Ek hou meeste van sy “Soektog”🙂


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: