Posted by: schabbers | Junie 24, 2009

Om ‘n boom af te kap……

Die volgende kom uit Kringe in ‘n Bos  (Dalene  Matthee) en alhoewel ek dit al ontelbare kere vir my matrikulante voorgelees het toe ek nog skoolgehou het, bly dit een van die mooiste dele in die boek en een van die mooiste paragrawe wat ek nog ooit gelees het.

Soos ‘n koning het hy tussen die ander bome gestaan.  Die mooiste kalander wat Saul se  oë nog gesien het.  

“Ek dink hy voel dit,” het hy hardop gesê, toe sy pa die eerste byl inkap.

“Van wanneer af leef hy?” het sy pa verbaas gevra.

“Hy het dan gegroei!”

 Jy kon die kalander tot by die skerm hoor kraak.

Sondag, die hele dag, het die kalander gekraak soos een wat pyn het.

Here, het Saul gebid:  Laat die kalander môre val.  Asseblief.   As dit sonde is om vir ‘n boom te bid, vergewe my.

En die volgende dag het hy geval.  Eers met krake, soos iemand wat in pyn uitroep, en toe het hy met ‘n helse slag op die bosvloer  neergeval.

Die kalander was dood.  ‘n Mens kon dit sien.

Kalanderboom


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: