Posted by: schabbers | Julie 7, 2009

Daar’s ‘n plek

Daar’s ‘n plek wat ek van weet                                               lavenderkasteel

sonder sorge,

sonder pyn,

sonder leed.

Die pad daarheen is ongekaart.

Die reis daarheen is sonder vaart.

En daar is rusplek langs die pad.

Die son se geel word jou sambreel

op jou reis tot waar

die pad se vurk verdeel.

Die een se slingerspoor word dof

waar dit wegloop in die stof.

Maar die ander lei tot hier.

Want hier sal jy vind dat jy steeds deur die oë van ‘n kind

die lewensspel speel.

Granate van onskuld kan deel.                                            gerwelavender

Om weer vir ‘n oomblik die kennis

van kwaad te ontken.

Om weer te kan glo

wat jy het is ‘n gawe van Bo.

Daar’s ‘n winterlose oord

waar ‘n mens nog steeds die ure ongestoord

op die telraam van die tyd

sonder spyt of klein verwyt

soos seisoene af kan tel.

Knip jou deur se grendel dig

Sluit jou vensters en jou luike teen die lig

Pak jou drome vir die reis.

Jou hart sal jou die kronkels wys

om ongeskonde daar te kom.

 

Coenie de Villiers

(Karoonagte)


Responses

  1. Dis baie mooi. Eendag – wanneer ek so bietjie gespaar het – gaan ek jou na daai lavenders toe vat in Frankryk!

  2. Pragtig dat jy die woorde verbind het met die laventels van Provence. Werklik mooi. Diep asem.

    Annora Eksteen


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: