Posted by: schabbers | Julie 14, 2009

Skemerhunkering (deur Andre Strijdom)

SuperStock_1612R-12802En as die skemer wyer om my kring

sal die daeraad jou in drome na my toe bring, 

want die winde van seer verlang

sal die afstand tussen my en jou beaam.


En ek sal weer verstaan van groot geloof

en die belofte sal beaam

daar’s ‘n vaste hoop

wat ontwrikbaar tot aan die einde vas sal  staan,

want jy’s ‘n somer

jy laat my leef

in die skadu’s van jou hart

kan ek gedy.

Op die vlerke van ‘n rooiborsduif

stuur ek ‘n boodskap wat vir ewig sal bly sweef.

In jou drome gee ek my oor 

om soos ‘n gedagte binne jou te leef.



Responses

  1. Ek begelei Skemerhunkering van Andrè Strijdom gereeld – dit is die heel mooiste lied in Afrikaans. En Andrè het soveel ander ongelooflike werke geskryf. Twee literêre kabarette, ‘Ontvlugting” (oor Ingrid Jonker) en ‘Lyflied’ ( oor die liefde van die lyf) is die twee werke waarmee ek nou betrokke is, en ek kan nie genoeg daarvan kry nie!

    Rika Vermeulen
    Pianis

  2. Baie pragtig! Dankie – dis ‘n ‘bewoeë’ dag vir my!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: