Posted by: schabbers | Julie 27, 2009

Ou Blikke

spice-tins

Deesdae is alles mos verpak in karton of plastiek.  

En Ouma het al haar blikkies weggegooi!

Nou betaal ek deur my nek as ek so ‘n ou blikkie raakloop.

Ek het darem ‘n mosterd een gebêre uit my jong bruiddae!

 

oldtins

Kan nie dink dat tot die neute in blikkies verpak was nie!

GoldenSyrup

Nou proe ek sommer Ouma se varsgebakte dik plaatkoekies met stroop en vars plaasroom!

polish-3

Ek dink nie deesdae se kinders ken hierdie blik nie – Maandae-oggende, voor skool, vinnig die blik uitgeruk om jou skoolskoene blink te poets vir die nuwe week!  Dan is jou Toughies gereed vir  modderpoele,  blikke skop en op aandag staan vir wat Meneer sê. 

tea

Hierdie  mooi teeblikke het later Ouma se spaarbussie, knopeblik en lekkergoedhouertjie geword.

 
weetbix

En na al die jare eet ons nog steeds die ideale ontbytkos – net nie meer uit ‘n blik nie!


Responses

  1. Pragtige versameling!!

  2. Waar kan ek uitvind wat is die waardes van die ou blikke. Ek ook ‘n versamelaar.

    Baie dankie

    LIzelle

  3. Ek het n klomp blikke oud, nuut en van ver. Wil verkoop en ook pryse uitvind van sommige.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: