Posted by: schabbers | Julie 31, 2009

Amanda Strydom se mooi woorde

Boord-vir-woordEK LOOP DIE PAD


Ek loop die pad al lank, my lam

So kaalvoet deur die kou

van doeriekant se doringveld

en kyk hoe lyk ek nou.

 

Ek loop die pad so sonder hoed

Deur son en wind en grou

So kaalvoet op die slingerpad

en kyk hoe lyk ek nou.

 

My lam, die gras is soms so groen

die son is soms so lou

Maar ek loop hierdie pad alleen, my lam

en kyk hoe lyk ek nou!

 

Onthou jy nog hoe ons kon loop

so loslyf en verspot?

So vlieg-vlieg oor die koppies heen –

‘n Ragab en ‘n Lot.

 

Maar nou loop ek alleen, my lam

So kaalvoet deur die kou

en soms, net soms, dan wonder ek

my lam, waar is jy nou?





Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: