Posted by: schabbers | Augustus 11, 2009

Shweshwe……Afrika se eie materiaal

Die tradisionele Afrika materiaal is nie net mooi op die oog nie,  maar die kenmerkende reuk sal dadelik vir jou sê of dit die ware Jakob is.

bloushwe

Dit word al jare lank in die Oos-Kaap deur Da Gama Textiles vervaardig nadat dit in die laat 18de eeu deur Duitse setlaars na Suid-Afrika gebring is.

Die rede waarom die materiaal so styf is, is omdat dit destyds gestysel is om dit teen die ontberings van die lang seereise  te bewaar.  Sodra dit egter ‘n paar keer gewas is, word dit heeltemal sag.  Dit is ‘n materiaal wat baie duursaam is en jare sal hou.

Daarom is dit uiters geskik om ‘n kwilt daarvan te maak.

kwiltDie kleure is tradisioneel blou, bruin of rooi.

Ek het dit egter ook al geel en room gesien.

kussing

Jy kan bykans enige iets met dit doen, behalwe om dit vir die tradisionele rokke te gebruik.

Soos kussings

kussing

en om van ‘n gewone oefeningboek iets besonders maak

boeke

‘n Handgemaakte sak wat jare sal hou

sak

En vir die waaghalsiges onder ons ………selfs ‘n paar modieuse skoene!

bokkieshoesSHWESHWE …….matriaal uit die hart van Afrika

Dit ruik net so aards as wat dit voel en is ‘n tipiese Afrika klank as jy dit sê.

En natuurlik is enige skakering of patroon in blou my favourite!

pakke


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: