Posted by: schabbers | Augustus 17, 2009

Nataniël se wyse woorde oor B-days

rooirose“Liewe Lelie

Ek los hierdie pakkie voor jou deur.  Dis nie dat ek haastig is of dat ek jou nie vandag weer wou sien nie, dis bloot dat ek glo ‘n nota is af en toe beter as ‘n gesprek.  Dis soos stadig praat, daar’s tyd vir asemhaal en dink en seker maak.

Gister, moet ek erken, was ‘n ligte skok.  Die kuiertjie was soos altyd heerlik.  Die tee was salig en jou kat is nog steeds oulik.  Maar dat jy wag tot ons by die voordeur is, ek met my voet reeds buite, en TOE eers jou openbaring maak, dit het my oorbluf!

So asof dit niks is nie:  Ek moes seker ‘n tert gekoop het, ek verjaar vandag.

Heel toevallig.  Iewers tussen jammer ek is hier en Ag, dit ook nog.  Iewers tussen nietig en niks, anderkant die hoofpyn, net voor die afgrond.  Iewers tussen die vergetelheid en die nooit ooit.

Lelietjie, dis dan jou dag!  Ten spyte van elke traan, steilte, vraagteken, donkerte en lange nag het jy dit gemaak tot hier.  Haal uit die ballonne, poets die silwer, stof af die koets, rangskik die trompette en nooi die koning!

Nie een keer durf jy hierdie dag laat verbyglip sonder dat jy stilstaan en omkyk en trots of teleurgesteld jou glas lig nie.”

Uit:  Liewe Lelie (Kaalkop I)

Elke mens verdien om een maal ‘n jaar jou dag te hê!  Om alle aandag op jou gevestig te hê, bederf te word,  gewys te word jy word bewonder, bemin.  Om te begryp jy is met ‘n rede op aarde.  Jy verdien ook, soos konings en staatshoofde en filmsterre en ander hooggeplaasdes dat daar oor JOU ‘n bohaai opgeskop word.  Dis jou geboortedag en die res van die wêreld behoort dit te weet!



Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: