Posted by: schabbers | Augustus 30, 2009

Mooi woorde

DWAALSPOOR

 

Ek het so baie lande kruis en dwars deurreis,

in soveel vreemde hawestede rondgedwaal,Footprints in the Sand

ek het so veel vermoed, geglo, so min bewys

en soveel laaste treine van die nag gehaal.

 

So baie baie keer het ek jou vreemde naam

vergeefs vir kroegman, klerk en predikant gespel

en daar was so baie leë winternagte saam

met mense wat nie weet waarheen nie, maar vertel.

 

Daar was so baie ligte om die pad te wys

en soveel vaag-bekende beelde in die mis,

ek het so dikwels en so ver alleen gereis

om telkens net te vind dat jy weer elders is.

 

Daar was soveel bankette in ‘n leë saal

en so baie nommers sonder huise in die straat,

ek het so dikwels die verkeerde trein gehaal

en was so stiptelik net ‘n minuut te laat.

 

Nou weet ek net jy sal my steeds gevange hou.

Want wie is jy?  En waarom soek ek so na jou?

(Koos du Plessis)


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: