Posted by: schabbers | September 3, 2009

Herinneringe

Jou beeld is ‘n verflenterde fotoster

in ‘n skewe, versplinterde raam

en ‘n sestal geskommelde letters

spel jou tweelettergrepige naam.

 

Jou woorde is dor manuskripte

vir die motte bewaar op die rak

en ons dae ‘n kralesnoer syfers

op ‘n outydse muuralmanak.

 

Jou oë was die kleur van die aarde,

van saffier, van smarag of agaat,

en jou stem ‘n ontwykende deuntjie

gevange in ‘n stukkende plaat.

 

Vergete is die lag in jou oë

of die tranespoor oor jou wang,

maar soms in die nanag onthou ek

hoe diep ek na jou kon verlang.

 

Want wat ek vir altyd wou vashou,

het die tyd uit my hande laat gly

en wat ek so graag wou vergeet het,

is vir ewig gebalsem in my.

 

(Koos du Plessis)


Responses

  1. Baie mooi!

  2. Ek het my eerste liefde duer hierdie gdig ontmoet in my matriek jaa lol<3

  3. Die gedig laat dink my terug GRENSWAG toe in mr pretorius se klas…mooi gedig

    • Die gedig laat dink my terug GRENSWAG toe in meneer Pretorius se klas…

  4. Persoonlik is dié vir my die beste afrikaanse gedig wat ek nog ooit gelees het.. Dit dra soveel betekenis vir my..!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: