Posted by: schabbers | September 16, 2009

Happy B-day Breyten Breytenbach

breytenVan Breyten Breytenbach het ek eers in my eerste jaar in Literatuurstudie op die PUK gehoor.  By prof. T.T. Cloete.

In daardie tyd was hy nog in die tronk en die bundel “Voetskrif”  het toe net verskyn.  Sy tronkgedigte.  En ek onthou prof TT het ons een of ander opdrag gegee oor die leitmotif  in die bundel.  Ek was absoluut gefassineer deur die gedigte!  En ek kan nog goed onthou dat ek vir die werkstuk 110% gekry het – volpunte en “…’n ietsie ekstra vir ‘n taak goed uitgevoer…” (geskryf in die pragtige handskrif van my ou geliefde proffie).

Ek het al baie Breyten gedigte gelees, maar hierdie een bly vir my die heel mooiste.

DIE HAND VOL VERE

mammie

ek het gedog

as ek eendag huis toe kom

sal dit onverwags so teen skemerdag wees

met jare se opgegaarde rykdom

op rûe van ysterkoeie

dis nog blouerig

ek maak sjuut en saggies die agterplaas-hek oop

ou Wagter knorblaf

maar stert-herken my dan

Fritz Kreisler sal soet op sy viool speel

ma weet mos

sulke Weense walse

en verbaas begin die vensters luister

mense wat ek nie ken nie

of net nog van baie ver

leun uit met nagrokke vol glimlagte en elmboë

mense op wie se skote ek gepee het kleintyd

binne staan ma se hart stil

(en waar is die bril?)

pa skrik wakker verdwaas so deur die wind

maar mammie is reeds buite

met ‘n kamerjas en rooi wange

en daar staan ek lewensgroot

op die lawn naby die sementdammetjie

waar die nuwe buitekamers aangebou is

effens verweer deur die verre reis

‘n keil op

‘n deftige pak

angelier in die baadjie

nuwe Italiaanse skoene vir die okkasie

my hande vol presente

‘n liedjie vir my ma ‘n bietjie trots vir my pa

maar mammie weet mos dis ek

en agter my my karavaan

soos dit ‘n reisiger van oorsee betaam

my vrou en kinders strikgedas

elkeen met drie Bolandwoorde in die mond

my musikante

die geweerdraers

vriende kamerade

politieke raadgewers

en road-managers

‘n skuldeiser of twee

net duskant die wingerd groei ‘n mak roos

mensig maar die lug is knypskoon

daar kom kyk pa ook wat skort

so op sy nugter maag

die berge het grys geword

en die akkerbome dik

maar wat

mammie

ek het gedog ek sal sommerso daar wees

soos ‘n Kleurlingkoor met Kersoggend

mammie

ek het gedog hoe ons dan sal huil

en tee drink

blinde Wagter kon glo nie wag nie

en is glo-glo dood …

Fritz Kreisler hou dalk nie van so ‘n verre reis …

maar as hy nie kan kom nie

dan huur ek vir Paganini …

slaap gerus met die een oor oop:

anders as ou Dog

waar ek ‘n veertjie plant

kom ‘n kêk-kôk hoender op!

Die meeste van sy bundels se voorblaaie word deur homself geillustreer.

Iofbeholder_SM windcatcher_SM

Breyten-Breytenbach---Lady- 9780798147507_SM

Breyten se nuwe digbundel wat vandag vrygestel word.

Oorblyfsel Voice Over

Gelukkige Pampoendag vir jou  –  Windfoël/Maer man in die groen trui

Dankie vir ure se lees- (en kykgenot)!


Responses

  1. Die gedig laat my so ‘n bietjie dink aan die nag wat ek en my ma en babasussie deurnag gery het met ons ou bakkie om Oupa en Ouma vroegoggend te verras. Die son het net die Kalahari-horison begin verkleur en doringbome en vaalbosse begin afets, toe ons die laaste hek oopmaak en die werf inry. Daar was die gloed van ‘n kers agter die gordyn in die kamer. Hulle was besig met stiltetyd en die reuk van koffie gemaak in ‘n koffiesakkie het uit die kombuis gekom. Maar “mammie is reeds buite met ‘n kamerjas en rooi wange”.

  2. kyk die video wat ek gekry het: http://www.youtube.com/watch?v=OfLPoEsDUSY

  3. Hallo, dankie vir die inloer by my!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: