Posted by: schabbers | September 18, 2009

Stokalleen

stokalleenDie debuut-album van Marlise Scheepers.

En die cover is die mooiste mooi vir my.  Eenvoudig……maar dit sê ‘n duisend woorde.

Die lirieke is almal deur haarself geskryf en almal is mooi!

Maar die mooiste een vir my is die titelsnit.

STOKALLEEN

Eens het ek vir jou gesê

hoe diep my liefde vir jou lê

jy het omgedraai en begin lag

En daarna kon ek nimmermeer

my hande deur jou hare vee

vingers krom getrek en knobbeloud

En jy’t my by die deur laat staan

toe jy op ‘n dag ver weg moes gaan

en ek moes maar verleë kyk na jou rug

En daarna kon ek nimmermeer

my oë van die grond afkeer

my nek het styf geword van die afkyk

Want alleen is oud en stokalleen

dra jy aan jou tas

want alleen is oud en stokalleen

hang jou leë hangers steeds hier in my kas

Ek onthou so goed die laaste keer

toe ek die aand by jou spandeer het

ek vir jou gesê ek’s lief vir jou

En daarna kon ek nimmermeer

die doofheid van my ore keer

jou stilswye het my omvou

En ek het onder die maan gestaan

en die kerkklok het om twaalf geslaan

met my kierie wat ek in my hand vashou

Want onthou is weg en vergeet is goed

en die ouderdom het my lyf begroet

en ek wens ek kon jou lag in my geheue onthou


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: