Posted by: schabbers | Oktober 3, 2009

Nail polish advertensies

My liefde vir nail polish spruit uit kinderdae se winterskoolvakansies as Tannie Lenie kom kuier het vir 3 weke vanaf die koue nat Kaap en met haar make up tassie haar intrek in die gastekamer geneem het. In hierdie 3 weke het sy my naels  “gecutex”, my leer brei (gewoon  en tolletjiebrei), leer hekel en lekker warm poedings gemaak.cutex

Cutex

Dis wat ons nail polish daardie tyd genoem het.

Daar het seker ander soorte naellak al bestaan,

maar ons het net die woord “cutex” geken.  En so het

die naamwoord Cutex ‘n werkwoord geword.

Tot vandag toe nog praat ek dat “… ek net gou my

naels wil cutex”.

Vandag nog kom die lekkerte van hierdie vakansies by my op as ek nail polish ads sien.

En dis een van die lekkerste lekkers om ‘n nuwe mooi bottel Cutex te koop!

nailpolish_SM

pienkkol

blueopi

drup


Responses

  1. So gaan ek toe Dinsdag vir ‘n manikuur by ‘n buurvrou. (Die eerste ooit waarvoor ek betaal het, aangesien my sus op ‘n stadium ‘n naeldoenbesigheid gehad het.) Die botteltjies vol kleur staan op ‘n ry en lok my. Ek kies ‘n roesoranje. Maar ag, ‘n uur later toe’t die eerste nael ge”chip”…Miskien moet dit maar bly by op ‘n afstand bewonder.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: