Posted by: schabbers | Oktober 5, 2009

Die ritme van jou naam

Dis nie dat ek jou mis nie

Dis net dat ek wil weet

Sukkel jy ook somtyds

om van alles te vergeet

En drink jy ook nog rooiwyn

as jy na ‘n vreemdeling verlang

En is jy nou al sterker

of maak dit jou nog bang

Haat jy nog daai fênsie woorde

wat die jonges so gebruik

Is jou hart nog so groot soos

die weduwee se kruik?

En die waaroms word nie minder nie

want die hoekoms word net meer

En die heelmaak van jou wonde

gaan gepaard met soveel seer

Dis nie dat ek verlang nie

maar ek dink nou ek verstaan

Ek verlang nie maar ek mis net

ja ek mis maar net die ritme van jou naam.

Lê jy klokslag nog met nuwemaan

op die gras voor ons ou huis

En laaik jy dit nog steeds om al die sterre

met jou vinger uit te wys

En dra jy nog steeds die pyle

in die koker van jou hart

om jouself te kan  regverdig

en al jou brûe af te brand

Fluister jy nog steeds uit woede

instede van te skree

En skryf  jy nog gedigte

van daai sinkdak en die reën?


Woorde deur Hanno van Heerden

van sy cd:  “n Man soos Jan”nmansoosjan1


Responses

  1. Wow. Dis nou treffend.

  2. Hoe en waar kan ek die cd kry?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: