Posted by: schabbers | Oktober 7, 2009

Lisa se klavier

Ek het ‘n vriendin

ver by die blou see.

Teen die hang van Tafelberg

as die son sak

speel sy die mooiste melodieë.

Haar vingers ken die pad

opgesluit in wit en swart.

Die klavier se grootste vreugde,

hartseer en verlange

verstaan die hart se diepste smart.

Ja, die hele wêreld word stil

en luister in die donker uur

na die naggeluide

van Liza se klavier.

Liza kan nie ophou as sy eers begin het nie.

Sy laat my nooit huis toe loop

of afskeid neem

voor my laaste sigaret nie.

Ek staan op haar balkon

en drink haar Appelkoostee

en kyk na Kaapstad in die nag,

die liggies en die swart, swart see.

En onder op die sypaadjie

sien ek die bergie en sy maat

gaan staan en opkyk

ver na bo

vanuit die vullis van Oranjestraat.

Hulle ken al lank die klanke

wat uit haar woonstel stroom.

Lank na twaalf, met die deure oop,

– al moan die bure ook al hoe –

word Liza elke boemelaar se droom.

KOOS KOMBUIS

vintageklavier


Responses

  1. Dit is nogal ‘n mooi liedjie veral as die Parletones dit sing.

  2. Dis vir my een van die heel mooiste Afrikaanse liedjies.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: