Posted by: schabbers | Oktober 29, 2009

Ou grafstene

Ek het nog altyd die gevoel gehad oor begraafplase:  so ‘n grillerige, wil-nie-soheentoe-gaan-nie-gevoel.

Maar tog is daar “gedeeltes” in ‘n begraafplaas wat my aantrek … en vir my mooi is…. en so rustig is.

Dit is die ou-ou dele wat my aantrek.

Die grafstene wat al so oud en skeef lê in wind en weer.

Die wat, met groot sorg, uit eeu-oue klip gekap is.

boomkruis

En jy wonder oor die persone wat gelewe het……………

Hoe het hulle gelyk?

Hoe het hul lewenspad geloop?

Wie was hulle geliefdes?

Word hulle nog onthou?

bb50b541-1b8d-46b9-ae77-28aae25cce6d_300sq

Jy wonder oor die baie ou kindergraffies.

Party maar ‘n paar dae oud………

KopievonDSC05618

 

Hulle het darem ‘n engel wat waghou.

 

cemetery angel

 

Hier behoort seker volkome rus en vrede te wees.

Net jammer jy kan dit nou nie “geniet” nie!

 

cross

 


Responses

  1. Ons het reg langs die ou Voortrekkerbegraafplaas in Pietermaritzburg gewerk. Lieflike grafstene. En nee, dit het my nooit morbied gestem nie. Ons het baie gereis vir werk en het soms saans lank na donker weer by die werk gekom waarna ons met ons eie voertuie huis toe gery het. Die parkeerarea was aan die agterkant van die gebou, slegs geskei van die begraafplaas met ‘n draadheining. Dit was altyd ‘n vreeslike gelag en gespot en een aand het ek en ‘n kollega luidkeels “Hey Jude” gesing om ons kamma moed te gee. Die sekuriteitswagte het seker gedink ons is dronk. Maar ek was veel lugtiger om in die gebou self in te gaan. Want daar was ‘n nare gevoel in die gebou – ‘n ou hospitaal. ‘n Ou wat navorsing doen oor paranormale aktiwiteite het baiekeer toerusting daar kom opsit en baie kollegas het gesweer daar gebeur snaakse goed saans daar na donker.

  2. Ek vermoed dat my “oer”oupagrootjie daar begrawe kan wees, Erasmus Smit sowel as sy vrou Susanna Smit. Beide oorlede in 1863 en volgens inligting is ‘n grafsteen rondom 1939 daar opgerig. Sal foto’s waardeer!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: