Posted by: schabbers | November 25, 2009

Wat is liefde?

Wat is liefde, hoe weet jy dit is waar,

Is dit iets wat jy versigtig soos geld kan spaar,

Pluk dit aan jou hart soos druppels aan ‘n blaar,

Soos wind aan ‘n spinnerak, soos vingers aan ‘n snaar?


Wat is liefde en kan jy daarteen stry,

Is dit iets wat jou verslaaf, of iets wat jou bevry,

Sal dit jou die pad wys, of sal dit jou mislei,

Sal dit soos die mis kwyn, of sal dit ewig bly?


Jy vra my wat is liefde? …  die soetste, soetste seer,

Dis hartseer en verlange, en ‘n duisend dinge meer,

Dis lenteson en winterreën  en somer donderweer,

Dis alles wat jou hart soek en niks wat jy kan keer.


Die digters sê dis waansin, sonder rede, sonder hoop.

‘n Pad wat selfs ‘n engel huiwer om te loop,

‘n Dorsmasjien waar duiwels ‘n mens se siel kaal stroop,

Die duurste ding wat man of vrou met murg en bloed kan koop.

geskryf deur DEON OPPERMAN

uit die drama KRUISPAD (geskryf deur D. Opperman)


Responses

  1. Jip, meneer Opperman is veelsydig en trap diep spore in die SA milieu. Vir Afrikaans meestal. Trots!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: