Posted by: schabbers | Desember 8, 2009

Onthou jy nog?

Ek het (in my tienerdae) ‘n hele plakboek vol van hierdie comic strips gehad!

Volgens Wikipedia is die naam “Kim” wat by elkeen verskyn,  Kim Grove, wat in 1941 in New Zeeland gebore is en op 19 jarige ouderdom na Amerika geimmigreer het. Daar het sy in 1967 vir Roberto Casali (‘n Italianer) ontmoet.  Sy het begin om vir hom briefies en boodskappies te los in die vorm van die “Love is….” notatjies.  Hy het almal gebêre en haar later aangemoedig om dit te publiseer.

Die eerste “Love is…” het in April 1970 in ‘n Britse koerant verskyn nadat hulle na Brittanje geimmigreer het.  Kim en Roberto is in 1971 getroud en slegs 5 jaar later, in 1976, is Roberto aan kanker oorlede.  Hulle het 3 seuns gehad en die oudste, Stefano, het die famieliebesigheid oorgeneem wat uit sy ma se “Love is …” boodskappies ontstaan het.

Die eerste “Love is…” strokie wat verskyn het, was:

Love is … being able to say you are sorry

Omdat Kim nie opgelei was as kunstenaar nie, het sy geglo haar tekeninge was nie goed genoeg nie en sy het vir Bill Asprey gevra om die tekenwerk van die strokies te doen.

Kim is in 1997 oorlede, maar Stefano is nog steeds besig met die “Love is …” besigheid wat in ‘n multimiljoenrand besigheid omskep is.

Hoe wens ek nie vandag ek het nie daai plakboek vol strokies weggegooi nie!!!!!

Gaan kyk by http://www.gocomics.com /love is/vir nog baie “Love is …” strokies


Responses

  1. Baie mooi…


Lewer kommentaar op NOENA Kanselleer antwoord

Kategorieë