Posted by: schabbers | Januarie 14, 2010

Man-alleen

Imagine hoe

alleen

dit moet wees om ‘n man-man te wees.

‘n Man-man, wie met kaal koue emosies

deur die lewe veg.

‘n Man-man met ‘n muur om hom gebou,

sodat niemand die sensitiewe sy van sy swaarbelaaide siel

kan filtreer nie,

nie eers ‘n snel sispisie kry van ‘n huilende hart nie.

‘n Man-man en sy man-man vriende, wie se

hartseer en pyn dalk in ‘n bar gedeel word,

soos kaarte onder ‘n dowwe lig

verspeel word,

luidrugtig en vergiftig,

in besope gelag en dronk ego’s

groet,

sonder empatie of traan.

Imagine hoe

alleen

dit moet wees om ‘n man-man te wees.

‘n Man-man, soos my pa te wees.

Om

man-alleen

te staan in hierdie waardelose wêreld,

terwyl die enigste iets wat eintlik waarde het,

jou hart is,

die hart

wat juis meer waarde kry as jy dit uitdeel,

soos brood,

onder jou geliefdes.

En eendag

word jy 50,

dalk met ‘n duursame partytjie?

En êrens deur die aand van warm kampvure en geurige

kos,

orkeste en versierings, geskenke en kleinkinders,

duursame wyn en sjampanje,

staan jy op vir ‘n heildronk…

met jou hart,

yskoud,

in jou hand,

(die trofee van jou lewe)!

en jou gesin is die vreemde gesigte,

die weergalmde applous,

want jy staan vandag …

man-alleen.

UIT DIE BUNDEL:  DE PRIESTER EN EEN KERKORREL

deur Jak de Priester


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: