Posted by: schabbers | Januarie 15, 2010

Eendag

Ek glo in die reuk van reen in die somer

en in weerlig op die hoeveld

In kabouters en feetjies

wat speel in al die bome.

Ek glo in Kersvader en sy bokke

en in Ouma wat in die hemel is

aan Sondaemiddae in Oupa se kar rondry

Maar nou is dit iets wat ek mis.

Ek glo aan ware liefde vind

ek dink aan die dag saam met my eie kind.

En aan strokiesprente met ‘n prins

iets wat geen mens wil mis.

Ek glo aan mense wat omgee

en aan in die sand speel as kind

Aan oorsee reis en baie dinge sien

Iets wat enige persoon, en ek verdien

Ek glo in die man op die maan

in goeie vriendskap en mense

Aan iemand wat altyd by my staan

en in goeie wense.

Ek glo

ek glo aan eendag

ek glo aan gister

en vandag

Mooi-mooi woorde deur:  Liezel Els



Responses

  1. Dis pragtige woorde. Skuus ek is so stil, maar het weer begin werk (permanente werk) en ek is nog in training en leer my agterent af). Mosselbaai is uitgestel, want kleinboet gaan pa word en kom vroeer terug van Holland af. Sal jou een of ander tyd mail en als vertel🙂

  2. 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: