Posted by: schabbers | Januarie 29, 2010

Ek wil

Ek wil jou so graag gelukkig maak

ek wil vir jou verse skryf

sober en soepel soos jouself

ek wil vir jou sing

snags terwyl jy slaap

ek wil myself vir jou gee

stil soos ‘n koorsboom

soet en oop soos mispels

soos mopanies in die herfs

soos maroelas in die somer

bruin en geel soos kremetart

vurig soos die bloeiende handjies van ‘n kafferboom

ek wil jou so graag iets gee wat jy kan saamdra

wat by jou sal bly soos ‘n klein warm akkedissie

eendag as jy oud en allenig in die son sit.

Een van Antjie Krog se eerste gedigte

Uit haar eerste digbundel:  DOGTER VAN JEFTA (1970)


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: