Posted by: schabbers | Februarie 2, 2010

‘n Sonnet vir my ma …..

geskryf deur Deon Opperman

Ma:  growwe knop soos ‘n klip in my keel,

so warm is die ding, die klank, die woord

in my bloed, in my hart; amper teveel

om te sê, te skryf.  Dis ‘n woord wat hoort

rond te wees en nie skraal en hart en plat –

styfrond, barsrond, ontstyfbarsplof-plof vol

soos ‘n granaat, en so geel-rooi ryp dat,

met die byt, sonsoet sap oor die ken rol.

As ek ‘n boom was en vrugte kon praat

sou Ma hierdie pluk en proe wat ek voel;

maar vir my is dit nou amper te laat –

skrywer ek, (d)inktiffie, man van die koel

pen op papier, boeksiel, gedagtedief.

Net betyds dan dit:  Ma, ek het jou lief.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: