Posted by: schabbers | Februarie 14, 2010

Die grammatika van liefhê

Liefhê is ‘n tangkonstruksie

as eenwoord-samestelling ‘n abstraksie.

Die eenwoordsin-imperatief

is nypend ongrammaties:  “*Hê-lief!”

(So ‘n sterretjies, ontaalkundiges,

lig u toe dat ‘n sin ontaalkundig is.)

Lief-hê (s)kort dus ‘n onderwerp

en hê is – met onderwerp – onderwerp

soos wees, wat is word, aan deklinasie,

ouderwets, maar glo-nodig vir kombinasie.

Dus:  “Jy/hy/sy het-lief.”  Korrek?

Nee, ‘n voorwerp ontbreek, naamlik ek.

Maar die eerste persoon word verbuig,

as lydende voorwerp raak ek my.

“Jy het-lief my.”?

Nee:  Het en lief word deur my geskei.

Alleen as ek vra:  “Het jy my lief?”

kom jy my naby – byna-byna.

Het jy dit nou?  Begryp jy?

En het jy nou my

en het jy my nou

lief, of liefgehad?  Of sou jy, wou jy?

Is liefhê ‘n te “groot” woord vir jou, te lank?

Kort ons iets korters, met minder klank?

Iets soos min.  Min jy my?

Of is jy dalk my aan’t vermy?

Een min een, dag ek , maak twee

of reken jy een min een maak niks?

Iemand minus iemand gee niemand.

Een minus ‘n ander

min vinkel en koljander

saam-saam geeneen saam.

Die mooiste en waarste woorde oor die LIEFDE deur die digter J.C. Steyn

Uit:  Die Groot Verseboek




Responses

  1. Wat ‘n pragtige website

    • Baie dankie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: