Posted by: schabbers | Februarie 18, 2010

Spooroorwegramp by Henley-on-Klip

Met die 40ste herdenking op 28 Januarie vanjaar van hierdie tragedie (en die premiere van die fliek daaroor) het ek onthou van hierdie mooi gedig deur J.C. Steyn.

Ek is mal oor woordspeling – en JC Steyn is ‘n meester daarvan – veral as jy die feit in ag neem wanneer hierdie gedigte geskryf is –  in die 70 tigs.  Volgens Wikipedia is hy in 1938 gebore – hy is dus nou 72.  Dis vir my merkwaardig dat die man destyds al  so ‘n ongelooflike taalgebruik vir die jare 70 gehad het.  Modern en slim!  Sy tydgenote ver vooruit.

Henley-on-Klip

stasienaam by Vereeniging

onwerklike vereniging –

oerengelse samestelling

op Afrikaanse klipbodem.

Henley-on-Klip

skoolbus by spooroorweg

in slaggat gestol

(bloed stol op klip)

‘n sneltrein snel voort,

dood-betyds, dood

Henley-on-Klip

Hansie-op-gruis

Helena-aan-gras

23 van gras

drie-en-twintig

wat die wolke en die veld,

die sonlig en die weerlig

nooit weer sal belewe nie,

vir wie mamma nooit meer

‘n toebroodtjie sal smeer nie,

wat vir pa nie half vererg

oor  nuwe wiskunde sal terg nie.

Tussen bleek hande en groen sakdoeke,

honde vol manewales in rooi prenteboeke,

blaaie met aftrek- en deelsomme,

ontlede sinne, aardes, sonne

en ‘n Bybel wat vertel van sonde,

tussen die vlees en die gras

soek ‘n seun in bloed en glas…

“Waar’s my sussie, ek dink sy was…”



Responses

  1. Dit ruk ‘n mens se hart, selfs 40 jaar later. Ek is oud genoeg om te onthou veral omdat ‘n familie-lid deel van die span was wat moes opruim en ons vertel het hoe hy op ‘n stadium net moes stop en eers klaar huil – en hy was alles behalwe ‘n swak man.

  2. Ja, ek het ook iemand geken wat op die ramp afgekom het. Ek dink nie mens vergeet ooit so iets nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: