Posted by: schabbers | Februarie 22, 2010

Charlie, Molly en Phyllis

Ek sal my voortande gee vir een van hierdie ou tasse!

Ek het darem drie (gekry – sonder dat dit nodig was vir ‘n voortandruiltransaksie).

Die een noem ek CHARLIE

Het hom gekry via Phyllis, my Engelse buurvrou.  Sy het gehoor Charlie  (‘n 82tig -jarige ou Skotse vriend van haar) wil ontslae raak van die ou stuk blik. Sy noem dit toe vir hom en op ‘n dag bring hy dit vir my in sy Uno.  Vandaar die naam CHARLIE.  Uit dankbaarheid gee ek toe vir hom ‘n duur bottel Skotse whiskey.  En twee maande later is oom Charlie in sy slaap oorlede.

Volgens hom het die kis aan ‘n matroos behoort en dit was al twee keer Australië toe en terug.  Hy het dit geërf by die vorige eienaar van sy huis.

Op die oomblik is al my materiale daarin gepak.

Hy het ook die dag  vir MOLLY hier aangebring.


Dit het behoort aan ‘n sekere Miss Molly, wat ‘n reis per stoomskip vanaf Engeland na Afrika in die 40-tiger jare aangepak het om by haar geliefde in Kenia aan te sluit.  Charlie het die tas op ‘n vendusie in Zambië raakgeloop.

En die “jongste” van die drie is PHYLLIS


wat aan my Engelse buurvrou behoort het en waarmee sy ‘n reis in die vyftiger jare, as 22 jarige meisie, gebore in PE,  saam met haar ouers na Engeland onderneem het.  Na die familiekuier het sy ‘n paar maande later besluit om op haar eie na Engeland te immigreer en daar het sy haar man, Ron, ontmoet.  Twintig  jaar later het hulle hul in Suid Afrika kom vestig en so 10 jaar gelede my bure geword.  Sonder ‘n kind of ‘n kraai.

Mettertyd het ek maar hulle kraai geword!

Op die oomblik is Molly en Phyllis onder in my kas weggebêre (propvol winterklere en skoene), want my Bullie (soos in Varkhond) sal al die hoeke afkou!

Maar sy word darem groot en een van die dae pryk die twee op ‘n spesiale plekkie in my huis.




Responses

  1. Die nice ding is nie noodwendig net die ou kiste of tasse nie, maar die storie agter elkeen.

    • Jaaaaaa….sal ek nou nie my voortande wil gee om veral CHARLIE se volle verhaal te wil weet nie …… net jammer sy mense is seker nou al dood! En die naarste van alles is…..as ons jonk is, wil ons nie na die oumensstories luister nie en as ons oud genoeg is om die stories te WIL hoor, is die wat dit kan vertel nie meer met ons nie!

  2. Saam met die ou blikke pas ou hoede. Dis ook mooigoed, hoede.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: