Posted by: schabbers | Februarie 23, 2010

Die dood van ‘n boom

in die laatmiddag

toe dit nie meer so warm was nie

het ons die sipres by die voordeur

afgesaag en weggesleep

na die onderste kamp –

hy was groen en rysig en agtien jaar oud –

ek het die tou gewikkel om sy kruin

vasgehou om hom saggies ter aarde te laat

my handpalms klewerig van die rooi gom

swaar soos gestolde wind by een stywe mik –

hy het met ‘n  stugge sug gekantel

en lank daarna was daar oor die werf

nog  die indringende geur van saagsels

gekneusde takkies en verskeurde wit vesels

van ‘n ander lewe –

by die gat in die grond het mens geweet

van donker wortels wat nou gaan versmoor

die gesprek tussen lig en slaap is verbreek

UIT:  DIE WINDVANGER

DEUR BREYTEN BREYTENBACH



Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: