Posted by: schabbers | Maart 7, 2010

Dorpstraatteater

in Stellenbosch het einde verlede jaar sy deure gesluit.  Dit lees ek vandag in die koerant en dit het my toe aan Jak de Priester so mooi-mooi liedjie laat dink.

STELLENBOSCH LOVESONG

Ek wonder hoeveel treë

het ons deur Stellenbosch geloop

hoeveel take in ‘n coffeeshop gedoen

Ek wonder hoeveel nagte het ons deur Mystic Boer gejol

Hoeveel keer het ek probeer om jou langs Bohemia te soen

En ek wonder hoeveel nagte

het ek gewens ons was alleen

Hoeveel keer wou ek net cosy raak

as dit buite begin reën

Hoeveel van daai chickenpies het ons

by die BP-garage gaan koop

as ons honger uit die Nu Bar slinger

effens moeg en effens dronk

En dink jy dit is legal as jy so vir my kyk

met jou oë so beautiful soos die see

In Dorpsstraatteater, by ‘n tafeltjie spesiaal net vir ons twee

het ek my hart in ‘n song vir jou gegee

En hier lê ons spore diep in die grond

deur Pleinstraat en Tollies en in die geure van jou mond

Al was ek skaars twintig en soos ‘n bootjie doelloos in die see

het jy my van die liefde geleer

In elke straat in Stellenbosch

is ‘n gedig deur ons geskryf

In elke eikeblaar ‘n happy song

In elke afdraaipaadjie lê jou

woorde soos die reën

herinneringe verdwyn ook iewers heen

En ek wonder hoeveel nagte

het jy gaan slaap sonder om te groet

Hoeveel keer moes ek

met jou voicemail praat

‘n wond in my gemoed

En hoeveel keer was daar stilte as

ek jou stem so graag wou hoor

En hoeveel keer was daar woorde

onnodig deur ‘n hart geboor




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: