Posted by: schabbers | Maart 10, 2010

Dit was ‘n mooi begrafnis

Ek was vandag by my oom Ters se begrafnis.

Ek hou nie van begrafnisse nie, maar syne was mooi.

Al sy kinders en kleinkinders het van hul herinneringe in sy begrafnisbrief geskryf.

Hierdie woorde van sy dogter, Rienie, was vir my besonder mooi.

Ek hoor Pa in die geklingel van vroegoggend koffiekoppies

Ek sien Pa in die voëltjies wat kom pik in my tuin

Ek voel Pa in elke gladgeslypte klippie in my hand

Pa is in elke stukkie vrolike boeremusiek

elke Sondagaand se worsie braai

En Pa se raad as dinge moeilik gaan:

“Jou pad is vir jou uitgekap en ons moet hom maar loop”.

Pa se lewensafdruk van ‘n trotse Le Roux wees

sal altyd binne my leef.

Rus in vrede, Oom Ters:  Jy was ‘n merkwaardige man.  Jy het baie mense aangeraak.  Jou plekkie is leeg.




Responses

  1. ((drukkie vir jou))


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: