Posted by: schabbers | Maart 11, 2010

Oulaas

Dis oulaas stap, Pa:

jy in die middel en ons,

stram in kispakke,

maar regop,  jou seuns,

elk aan ‘n handvatsel.

Dis half swaar, Pa.

Ons is gewoond saamstap

en die suidewind

is bitterbos en reën.

Voor die kampie op die bult

wag die volk

om vir Pa te sing,

hul gesigte dobberend in die middagson.

Pa het die tyd

altyd

‘n bietjie gaan skuinslê.

Deur:  Charles Fryer

Uit:  Die Groot Verseboek:  Deel 2



Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: