Posted by: schabbers | April 5, 2010

HET JY GEWEET: die Taj Mahal

………   in Agra, Indië, beteken:  THE CROWN PALACE

……… dit is ‘n elegie – ‘n liefdesgedig – in marmer

……….. ‘n monument van liefde


*  Dit is in 1632 begin bou en is in 1653 voltooi.

*  Shah Jahan Mughal het dit laat bou met die afsterwe van die 3de van sy 4 vroue.

*  Sy is die een  wat hy die liefste gehad het en sy het hom oral op sy wêreldreise vergesel.

*  Sy is dood met die geboorte van hul 14de kind en was net 39 jaar oud.  Na haar dood is die Shah nooit weer getroud nie.

*  Sy is hier begrawe en dit is ook die laaste rusplek van die Shah toe hy in 1666 oorlede is.


Die Shah het ‘n argitek uit Turkye opdrag gegee om DIE MONUMENT VAN LIEFDE vir sy vrou te bou – daarom

die sterk Arabiese lyne en hy het ‘n ingenieur uit Iran gehuur met die ontwerp van die struktuur.

*  Dit is 100 vierkante meter groot

*  Die koepel is 35 meter hoog

* 20 000 Moslems het vir ± 22 jaar daaraan gewerk

* Dit is hoofsaaklik van wit marmer gebou wat uit die omgewing deur 1000 olifante aangery is

*  Dit het 8.4 biljoen Amerikaanse dollar gekos



Die inskripsies teen die mure is met halfedelgesteentes gedoen


DIT IS EEN VAN DIE 8 WONDERS VAN DIE WêRELD

EN WORD AS ‘N UNESCO WORLD HERITAGE SITE BESKOU.


Ongeveer 4 miljoen mense besoek jaarliks die paleis, waaronder veral pelgrims, wat direkte afstammelinge is van die werkers wat help bou het aan die projek.

As gevolg van die wit marmer, neem die paleis verskeie kleure aan, afhangende van die natuurlike lig.

Spierwit


Ivoor met sonsondergang en in die maanlig



Pienk met sonsopkoms


Die fontein met die perfekte ewebeeld van die paleis daarin is wiskundig so ontwerp – wat merkwaardig is vir daardie tyd – gegewe oor watter instrumente die argitek daarvan beskik het!


BRON:  wikipedia


Responses

  1. En ken jy Coenie se liedjie daaroor?

  2. dit is awesome inligting baie dankie en pragfotos .x


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: