Posted by: schabbers | April 13, 2010

HET JY AL GEVOEL: hoe skryf ‘n Mont Blanc pen?

Wel, nee…..ek ook nie, want teen ‘n prys van R1000+ vir die goedkoopste een, is dit ‘n bietjie bokant my vuurmaakplek en ek kan in elk geval aan baie ander dinge dink wat ek eerder met die R1000 kan doen.  Aan die wat R10 000 en meer kos, dink ek nie eers nie.

Maar dit is op my wish list – vir die dag wanneer ek rich en famous is!!!

In elk geval – die storie omtrent die pen is baie interessant.

Claus-Johannes Voss (‘n skryfbehoeftewinkelier) het in 1906 saam met 2 van sy vriende die oorspronklike maatskappy in Hamburg, Duitsland, gestig en die eerste pen ontwerp.  Dit was egter eers in 1925 wat die MONTBLANC MEISTERSTüCK 149 ontwerp is.  Hierdie vulpen word vandag nog, 85 jaar later, beskou as die simbool en ikoon van die skryfkultuur.

Die pen het sy naam te danke aan die hoogste bergspits in die Alpe, naamlik MONT BLANC – the white mountain – omdat dit as gevolg van sy hoogte bo seevlak, 4810m, altyd met sneeu bedek is. Dit staan ook bekend as The White Lady.

Dit is op die grens tussen Italië en Frankryk en die naaste dorpe aan die spits is Courmayeur in Italië en Chamonix in Frankryk.  Chamonix het die 1ste Winter Olimpiese Spele in 1924 aangebied.  Daar is ‘n kabelkar tussen die twee dorpies.

Die Mont Blanc-tonnel is ook baie bekend en is een van die besigste Trans-Alpe roetes tussen Italië, Frankryk, Duitsland en Switserland.  Die tonnel is 11.6 km lank en loop op ‘n hoogte van 1300 m deur die berg en verbind Italië en Frankryk met mekaar.   Dit is in 1957 begin bou en is in 1965 voltooi.

Die Mont Blancspits is ‘n gesogte uitdaging onder bergklimmers en in 1786 is die spits al die eerste keer oorwin.  In Mei 2009 was dit weer eens in die nuus toe die Olimpiese goue medaljewenner in Snowboarding, Karine Ruby en ‘n maat hier dood is toe hulle in een van die 6 diep gletsers afgegly het.  Daar word  tans navorsing gedoen om die gedeelte van die Alpe as ‘n UNESCO wêrelderfenis-gebied te laat verklaar, omdat die gebied besig is om te verval, as gevolg van die miljoene toeriste wat dit jaarliks besoek.

Maar terug na die Mont Blanc pen

Op die punt van die vulpen is die syfers 4810 wat  die hoogste punt van die bergreeks aandui.  Daar is ‘n ster op die doppie wat 6 punte het en dit staan vir die 6 gevaarlike gletsers wat vanaf die spits na onder in die vallei strek.

Die pen word uitgestal in die New York Museum vir Moderne kuns as simbool van politiek, ekonomie en kultuur.

Die rapkunsternaar, Lupe Fiasco, rap in een van sy liedjie:  “I like Mont Blanc pens on Moleskin paper”.

Die penne is egter net ‘n deel van die luukshede wat deur die Switserse luukshede maatskappy, RICHEMONT, verkoop word.  Hulle verkoop ook Mont Blanc parfuum, horlosies, juwele, sonbrille, beursies en leergoed, wat uiters gesog is onder die LA-DIE-DA van Tinseltown en veral met uithanggeleenthede soos die jaarlikse OSCARS.

En aan wie behoort hierdie maatskappy?  DIE RUPERTS VAN STELLENBOSCH!!!!!!

In 1940 het Anton Rupert, wat in 2006 oorlede is, sy sigaretmaatskappy, VOORBRAND gestig en sigarette in sy motorhuis begin vervaardig.  Later het hy die naam na REMBRAND verander en in 1972 met ROTHMANS saamgesmelt.  In 1977 het Alfred Dunhill ook aan boord gekom.  In 1988 is daar met die Switserse luukshedevervaardiger saamgesmelt en die RICHEMONT groep is gevorm.  ‘n Maatskappy wat in 2007 die derde grootste vervaardiger van luukshede ter wêreld was. Tans is Anton se seun, Johann, die CEO van hierdie bekende maatskappy.

En VIVA  vir Johann, toe hy besluit het om alle adervertensies van MONT BLANC, CARTIER, VAN CLEEF & ARPLES EN ALFRED DUNHILL aan die Britse tydskrif, WALL PAPER, te onttrek toe daar in die uitgawe van September 2005 gesê is Afrikaans is die lelikste taal in die wêreld!

BRON:  Wikipedia

Goed om te weet (Büttner en Claassen)






Responses

  1. Cool! Dit was nou baie interessant. Ek sal nogal self daarvan hou om so ‘n pen te besit, maar tans het ek ‘n baie mooi Waterman🙂

  2. Great leesstof!

    My Mont Blanc laat my GEENSINS mooier skryf nie. Ek was altyd oortuig hoe duurder die pen, hoe beter die skrif!!!
    😆


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: