Posted by: schabbers | April 21, 2010

HET JY AL DIE LIEDJIE GEHOOR?

Dis op Laurika Rauch se nuwe cd:   TWEEDUISEND-EN-TIEN

JASPER ONTHOU JY

Jasper onthou jy ons belofte gemaak

dat ons mekaar sou liefhê – ons was agt

Ek in my groen skooljurk

en jy smart in krieketgoed

met die duiwe as ons dominee

ons getuie was ‘n hoed.


Jasper onthou jy ek het eenkeer verdwaal

in daai bangmaak populierbos – ons was tien

ek het stil gaan sit en sag gebid

geweet jy sou my kry

Jy sou soek en soek want niemand

was al ooit so lief vir my gewees nie.

Maar ons stofpad saam het teer geword

jou spoor kon ek nie sny nie

Ek het weer verdwaal en verdwaal gebly

en gehoop jy sou kom soek na my.

Maar jou seunskindhart het aanbeweeg

jy’t nou die oë van ‘n man.

Jasper onthou ons kleintyd saam

Onthou my gou weer  – as jy kan.

Jasper onthou jy ek was nerf-af geval

toe daai lang ou my gestamp het – ons was twaalf.

Jy’t my opgetel en weggedra

die pleister self geplak

en daai boelie sommer  vreesloos

in die fietsloods kaalvuis aan gaan vat.

Jasper onthou jy toe jy weg moes gaan

na daai ver dorp innie vreemde – ons was groot.

Groot genoeg om seer te kry

te jonk om te kan keer.

Better loved and lost than never loved

Dit sou die tyd ons hard-hard leer.

Ek bly nou op ‘n anner plek

het nie lank na jou daar weggetrek

Het jou nommer nou die dag by navrae opgespoor

As ek jou sou bel en sou vertel

dat ek steeds van ons twee droom

sou jy sê jy droom ook steeds van my

of is ek lankal reeds verloën?

Geskryf deur:  Mariki de Villiers-Knop





Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: