Posted by: schabbers | April 30, 2010

HET JY GEWEET: hoe oud kitskos is?

*  Die eerste hamburger ter wêreld is amptelik aangeteken by die St. Louis Wêreldskou in 1904.

Maar eintlik is die hamburger al in 1206, wel eintlik net die “pattie” deur rondreisende, oorlogvoerende soldate op hul perde geëet.  Omdat hulle so dikwels in die saal was, het hulle  rou vleis in repies gesny, dit onder die saal gesit en die druk en geskaaf van die saal het die vleis dan nou sagter en eetbaarder gemaak.

Die naam hamburger kom eintlik van die stad Hamburg (die tweede grootste stad in Duitsland).  Hulle het dit egter toe die Hamburger steak genoem.  Dit was eintlik net ‘n stuk sout vleis tussen twee brode en hoofsaaklik die stapelvoedsel van die arm gemeenskap.   In die vroeë 1800 is die vleismeule vervaardig en gemaalde vleis was oral gewild. Restauranteienaars het Duitse matrose, wat voet aan Amerikaanse wal gesit het, na hul   restaurante gelok deur hamburgers op die spyskaart te sit.

Maar dit was eers tydens die wêreldskou in St Louis dat die hamburger, soos ons dit vandag ken, bekend geword het.

Dit het toe nog so ‘n 30 jaar + geduur voordat die term KITSKOS behoorlik vlamgevat het.

*  In 1937 het die McDonald-broers hulle SSS bekend gestel – Speedee Service System

*  In 1940 het hulle die eerste McDonald Brothers Burger Bar Drive-in geopen


*  En in 1953 het hul eerste kompetisie sy deure geopen:  DIE BURGER KING  in Florida.


In 1952 maak die Kolonel Sanders en KFC hul eerste verskyning in Salt Lake City


In 1954 begin die Britse maatskappy, J Lyons, die eerte WIMPY restaurant


Die eerste Pizza Hut open in 1958 in Wichita, Kansas


En baie jare later, in 1987, maak NANDO’S sy eerste restaurant in Johannesburg oop

Bron:  DIE BOEK VAN EERSTES (saamgestel deur Ian Harrison en Peter Joyce)

WIKIPEDIA


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: