Posted by: schabbers | Mei 13, 2010

HET JY GEWEET WANNEER DIE POSDIENS ONTSTAAN HET?

*  In 1512 vestig Hendrik VII die ROYAL MAIL as Brittanje se eerste amptelike posdiens – en slegs om gebruik te word vir regeringsbesigheid.  Dit was eers in 1635 dat gewone Britte hul briewe kon pos toe hul openbare posdiens bekend gestel is.  En die bekende rooi Britse posbusse het in 1852 hul verskyning gemaak.


*  Die eerste koeverte om briewe in te sit is in 1615 gemaak.  Hierdie koeverte word in Geneve, Switserland, bewaar.

*  Die heel eerste plakbare seël is die PENNY BLACK wat in 1840 in Brittanje uitgereik is

*  Die eerste posseëls in die VSA het Benjamin Franklin en George Washington se koppe op gehad.

*  Suid Afrika se eerste gereelde posdiens het in 1805 ontstaan.

*  Die eerste posseël, die KAAPSE DRIEHOEK, is in 1853 uitgereik.

*  En eers in 1925 is die eerste gereelde LUGPOSDIENS tussen Kaapstad en Durban ingestel.


*  Die waardevolste seël ter wêreld is die  1857 TRESKILLING YELLOW wat in Swede vervaardig is.

*  Die driesjieling seël moes groen gewees het, maar het toe geel uitgekom.

*  Dit is die wêreld se duurste item volgens gewig:  in 1996 is die besonderse seël op ‘n veiling vir 1.4 miljoen pond verkoop.

*  Dit is die enigste seël van sy soort wat bestaan.


*  Kanada was die eerste land wat Kersseëls uitgereik het – vir 2 sent elk in 1898

*  En dit was Duitsland wat die eerste land was wat poskodes bekend gestel het – in 1944

BRON:  DIE BOEK VAN EERSTES (Saamgestel deur Ian Harrison en Peter Joyce)


Responses

  1. Ooo lekker. Ek is mal oor feite en dinge!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: