Posted by: schabbers | Mei 14, 2010

HET JY AL DIE GEDIG VAN JOAN HAMBIDGE GEHOOR?

ONBEGRYPBARE RAAISEL


My liefste, ek dra jou met my

saam op my paspoort, my instapkaart

na nuwe stede en ervaringe.

By elke doeanepunt word my siel

geëndosseer met herinneringe aan jou.

My liefste,  jy dra my met jou

saam in beelde in jou daaglikse roetine

van opnames maak, foto’s neem.

Met elke roetinetaak word jou siel

gefotografeer met gedagtes oor my.

Ons dra mekaar onbegryplik en raaisel-agtig

saam van dag tot dag op verskillende kontinente

en ek sien jou mond – ‘n groot bloeiende wond –

en weet:  na jou moet ek terugkeer –

terstond.

UIT HAAR BUNDEL “VERDRAAIDE RAAISELS” (1990)

Vir nog mooi woorde – gaan kyk by:  http://gerhard2010.wordpress.com/



Responses

  1. dis pragtig!

    en (dankie)

  2. Pragtig, dankie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: