Posted by: schabbers | Augustus 28, 2010

HET JY GESIEN DEMOERIN IS NIE MEER SO DE MOER IN?

Lees hierdie hoendervleis en huilmooi woorde vandag op DEMOERIN se blog:

MY LEKKERKRY


Die kleur van my smartiedag

Die suiker om my jellytots

Die krackle in my milkybar

Jy is die soet van my tand.

Jy is die stuk wat my legkaart voltooi,

en die noot wat my laat huppelstap.

Jy is die prozak wat my altyd laat lag,

en die muti vir verlede se seer.

Die vla oor my malvapoeding

Die sprinkles oor my roomys

Die gars in my bottel bier

Jy is die een wat mooi afrond.

Die blou in my verlangende oë

Die smaak op my honger lippe

Die warm op my hoendervleis vel

Jy is eienaar van hierdie lyf.

Jy is die stuk wat my legkaart voltooi,

en die pin-up in my laatnag droom.

Jy is my Minnie, Jane, Eva en Juliet,

Die hoofrol in my lewensboek,

Die diva in my lewenslied,

Die beste helfte van my.


Responses

  1. Ek dink ons moet hom nou herdoop na DELIEFIN😉

  2. Ja wat. So val die helde dat die smarties antwoord gee!

    • 😆 Dit moet een van die coolste sinne wees wat ek in ‘n LANG tyd gelees het.

  3. Jip, die kneuwel het gesneuwel.
    Die kat het laat spat.
    Die brak het gek…. o, sorrie!😳


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: