Posted by: schabbers | September 22, 2010

HET JY GEWEET DIE LEWE IS ‘N HUIS?

Die lewe is ‘n huis,

‘n huis met ‘n warm vuur.

‘n Huis met ‘n praat-kombuis

en stories teen die muur

Die lewe is ‘n huis,

aan die einde van die dag.

‘n Plek waar jy jouself kan wees,

‘n plek waar jy verspot kan lag.

Die lewe is ‘n huis,

waar jou geheime veilig is.

‘n Kluis waar jy jou drome bêre.

‘n Bank waar jy kan rus

Die lewe is ‘n huis.

As jou huis jou hart en siel is,

woon op jou dak

‘n mooi

wit

duif.

Mooi-mooi woorde van Jak de Priester uit sy boek:  BROOD



Responses

  1. Jak sal altyd een van my gunsteling woordspelers bly!

  2. Het jy geweet die lewe is ‘n huis….

    Sjoe, maar dis mooi!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: