Posted by: schabbers | Oktober 11, 2010

HET JY AL GEWONDER?

…….. hoe sal die liefde wees as die ouderdom jou inhaal?

Ek was tydens Aardklop bevoorreg om Elzabe Zietsman se show EN OP ‘N LIGTER NOOT by te woon.

Daarin vertel sy op ‘n baie snaakse wyse hoe haar lewe deesdae verloop en wonder ook oor hierdie saak van ouderdom wat ons almal inhaal.  Sy sing toe die mooiste mooi liedjie.

SAL JY MY NOG LIEFHê

Sal jy my nog liefhê as my kop verwinter

en my sig in ‘n oogwink versplinter?

Sal jy my nog liefhê as ouderdom in duike om my dye sit

en my mond verwond met kunsgebit?

Want in die dronkheid van ons jeug

vloei bindende beloftes soos goedkoop wyn

En ek sal my dansend daarin verheug

selfs al vrees ek die versoberende pyn

Sal jy my nog bemin as my gehoor my verlaat

en ons met mekaar in stiltes moet praat?

Sal jy my nog liefhê as my hande net soos kloue word

en die passie tussen ons ‘n koue word?

Sal jy my nog wil hê as my asem stink na hond

en my hart en my derms word deur ouderdom gewond?

Sal jy ………….. sal jy……………. sal jy……………

O…. wie’s jy …… en wat soek jy hier…..?

Geskryf deur:  Emma Bekker

Elzabe en haar Bullie – Nzu – wat haar sal liefhê tot in ewigheid – want dis wat Bullies doen!

Om meer oor Elzabe te lees gaan na haar website: http://www.elzabezietsman.co.za

En onthou die naam EMMA BEKKER

Sy skryf ongelooflike mooi lirieke en gedigte!


Responses

  1. Gepraat van oud word, ek het seker ‘n goeie tien jaar terug haar gesien, hoeka nog op Aardklop!

  2. wat ‘n amazing mens – ek wens ek het eendag soveel lus en kreatiwiteit op daardie ouderdom – soms voel dit of ek klaar 50 is.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: