Posted by: schabbers | Oktober 13, 2010

HET JY AL……

EMMA BEKKER SE WOORDKUNS BELEEF?

Sy skryf die volgende mooi-mooi verse oor woorde:

Jona

Ek wou na Tarsus vlug, met my hoop op ‘n skip van woorde:

woorde word gelaai;

woorde word komberse;

woorde word swaarde;

woorde word kerse;

woorde word swaar en lig.

 

‘n Onvoorsiene storm het my skip gesink en al my woorde het verdrink.

Maar my hande is gered en kon ‘n pad deur die donker vis oopvoel:

hande vat;

hande maak;

hande breek;

hande neem;

hande dien;

hande doen;

hande gee;

hande vra;

hande kan lig oordra.

 

En stomgeslaan op’n vreemde strand het ek begin verstaan –

my hánde moet na Nineve gaan.



 


Responses

  1. Ai vriendin – dis PRAGTIGE woorde. Ek lees nog steeds proe-proe aan my gedigte😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: