Posted by: schabbers | Februarie 16, 2011

Oneindigend

sou die son

die maan eenmaal verraai

of die aarde

vir ‘n oomblik ophou draai

en seisoene

sal spoorloos

en gewigloos raak in die wind

maar my liefde sal jou steeds vind

sou die woestyne

kon ontaard in ‘n groen paradys

of die berge in die oseaan-gety wegdryf

selfs die sterre

sal afkoel en in die tyd se gang wegraak

maar my liefde sal oor jou waak

want elke oomblik skuil jy

in die hoeke van my hart

jy omsingel my menswees

bly droomkontoer gekaart

want daar’s rusplek in jou wese

‘n bestemming vervolmaak

wat dag na dag bevestig

jy wat hemel op aarde maak

ANDRé STRIJDOM


Responses

  1. Jy laat my sommer huil met hierdie mooi woorde🙂

  2. Sjoe, dit is verskriklik mooi. Wens Jan Blohm wil dit sing, sal baie spesiaal wees.

  3. Elke keer as ek dit lees kry ek net die ergste hoendervleis. Dit is een van die mooiste goed wat ek al ooit met my oë gelees het.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: