Posted by: schabbers | Maart 30, 2011

Moleskine o Moleskine

Hierdie bekende swart notaboekies, het hul ontstaan te danke aan groot geeste soos Ernest Hemmingway, Oscar Wilde, Vincent van Gogh, Pablo Picasso en Henri Matisse.   Skrywers en skilders het in die 1700’s en 1800’s  van die eenvoudige reghoekige swart boeke, met ronde hoekies, gebruik gemaak om hul gedagtes neer te pen of vinnige sketse te maak, wat later gelei het tot groot kunswerk.  Agter in hierdie notaboeke was ‘n koevert wat vir menigvuldige redes gebruik is. Die swart rek, wat as plekhouer gedien het, was 2 eeue gelede al in gebruik.

Vir die meer moderne skrywer, Bruce Chatwin (1940-1989) was hierdie boekies so waardevol, dat hy dit ‘n spesiale naam gegee het, naamlik MOLESKINE.   Gedurende die 1980’tigs het die klein Franse familiebesigheid wat verantwoordelik was vir die vervaardiging van die boeke, toegemaak en die boeke het so skaars geword dat Chatwin van winkel tot winkel gegaan het en hulle hele voorraad daarvan gekoop het.

Bruce Chatwin was nie net bekend as Engelse romanskrywer nie, maar ook vir sy reisverhale.  Van sy bekendste boeke is ON THE BLACK HILL (1982), THE SONGLINES (1987) EN PHOTOGRAPHS AND NOTEBOOKS (wat in 1993 na sy dood verskyn het).

In 1997 het ‘n klein Milaanse uitgewer die waarde van die boekies besef en die kultuurskat weer laat herleef.  Omdat Moleskine sinoniem is met jou gedagtes-op-papier-sit, word dit grotendeels in boekwinkels regdeur die wêreld verkoop.

Deesdae is daar Moleskines in byna enige kleur beskikbaar.  En vir enige denkbare rede onder die son.  Daar is spesiale Moleskines vir die wynkenner, die kok, die filmresensent en die boekwurm.  Om van die reisiger nie eers te praat nie! Spesiale uitgawes van bekende reisigersbestemmings soos Londen, Parys, New York en Rome is beskikbaar, met volledige kaarte en plek vir jou beplanning, jou indrukke en daar is selfs plek vir foto’s.

Moleskine het nie ‘n spesifiek korrekte uitspraak nie en beteken nie eintlik iets nie. Maar dit verwys na die spesifieke tekstuur van die omslag en die spesiale papier waarop jy kan skryf of teken.  En tradisioneel moet jy eintlik met ‘n swierige vulpent daarin skryf!


Responses

  1. Hulle is net VREK duur!

    • Ja, maar enige iemand wat lief is vir skryf moet darem net EEN van die ou boekies besit in sy lewe! Sit dit op jou verjaarsdaglysie….. of vra vir Vader Krismis.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: