Posted by: schabbers | April 2, 2011

Dié boer se mooi woorde…..

naskrif

en sekerlik

raak ook ek

‘n vae herinnering

‘n verweerde sepia-beeld

verban

na die st helena van jou siel

weggesteek in die veraf uithoeke van jou hart

gemaak vergete en verstoot

tog

weet ek

dat jy soms

soos by ‘n graf

dit weer besoek

en ‘n bossie blomme laat

as ‘n stukkie kleur

‘n verganklike offer aan die wind en weer

‘n tydelike kuur

vir ons albei se seer

(c) Kopiereg voorbehou

Hierdie verskriklike seer-maak-mooi woorde is geskryf deur:  Boer in Ballingskap

Gaan kyk op sy blog vir nog sulke mooi-mooi woorde:

http://boerinballingskap.wordpress.com/


Responses

  1. Dit is so, so mooi.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: