Posted by: schabbers | April 5, 2011

Ek wil jou nie hê nie

ek wil jou nie hê nie

ek wil jou nie koop

in paaiemente nie

jou oor jare vaster vat

met kleinsielige kontrakte

ek wil jou nie omkoop

met geurige maaltye

met goedheid

jou vryheid opeis nie

ek wil jou nie bind

met my opofferinge;

só wil ek jou nie hê nie –

ek wil van jou hou

sonder dwingende kaart en transport

sonder wette, eise, preke

sonder moets/moenies

ek wil jou net versigtig

vrymoedig

liefhê


uit:  Kontrak

geskryf deur Louise Boshoff

in die bundel:  DIE MOOISTE AFRIKAANSE LIEFDESGEDIGTE


Responses

  1. Baie mooi!🙂

  2. baie baie mooi


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: